Scatzy.com word lewenslyn vir baie Suid Afrikaners in die buiteland.

No Comment Yet
Faan se Trein 468×60

Vandat Scatzy.com in April bekend gestel is , het die gewilde webwerf baie Suid Afrikaners wat in die buiteland woon, gehelp om weer lekker Suid Afrikaanse flieks en TV reekse te kyk.

Scatzy is bekendgestel met die premier van “Strikdas” op dieselfde dag wat die fliek begin draai het in teaters in Suid Afrika. Die bekendstelling het baie kykers wat selde Suid Afrikaanse flieks oorsee sien, baie opgewonde gemaak. Voorheen het Suid-Afrikaners in die buiteland staatgemaak op familie of vriende om ‘n dvd oor te stuur of hul moes maande wag voor hul die film kon sien – nou kan dit problem- en sukkelvry geniet word, danksy Scatzy.com!

Een van hulle kykers het die volgende te sê gehad op hul Facebook blad: “Wonderlik! Dankie dat julle dit moontlik maak om die films te kan kyk!”

Met die bekendstelling van Treurgrond, die nuutste film van die gewilde sanger/akteur Steve Hofmeyr het Scatzy.com se kykers vinning toegeneem. Van die eerste premier met Strikdas in April, tot die tweede een met Treurgrond in Junie het hul ‘n 400% toename in openings naweek kykers ervaar!

“Wonderlik! Dankie dat julle dit moontlik maak om die films te kan kyk!”

Scatzy.com is ‘n multi-media platform wat hulself beywer om Suid Afrikaners in die buiteland te bedien met egte Suid Afrikaanse inhoud. Tans bied hul ‘n groeiende seleksie flieks, daaglikse nuus, aktuele artikels, rugby wedstryde en gewilde TV reekse soos 7de Laan en Generations: The Legacy aan maar hulle beoog om binnekort uit te brei met dokumentêre programme, musiek en boeke – alles natuurlik eg Suid Afrikaans!

Musikante, regisseurs en skrywers word uitgenooi om met Scatzy in verbinding te tree as hulle belangstel om hulle materiaal deur Scatzy te versprei.

Source: Wêreldwyd

Silver Fez 468×60
Up Next

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *